Ons Winkels is deel van Solidariteit Helpende Hand se groeiende netwerk van thrift- en skenkingswinkels regoor Suid-Afrika. Met meer as 120 winkels landswyd, bied Ons Winkel aan die publiek die geleentheid om tweedehandse goedere van goeie gehalte te skenk én te koop teen bekostigbare pryse.
Van meubels en kombuisware tot klere, linne, speelgoed en sporttoerusting – elke item wat geskenk word, kry ’n tweede lewe en help om hoop te bring waar dit die nodigste is.
Maar Ons Winkel is soveel meer as net ’n winkel. Dit is ’n volhoubare model wat nie net bekostigbare produkte bied nie, maar ook werksgeleenthede skep en ’n direkte bydrae lewer tot gemeenskapsontwikkeling. Die wins wat gegenereer word, word gebruik om maatskaplike hulp te bied, studiefondse beskikbaar te stel en ondersteuning aan gesinne in nood te verleen.
Het jy dalk items by die huis wat in die pad staan of klere wat jy nie meer dra nie? In plaas daarvan om dit weg te gooi, kan jy dit skenk en deel word van iets groter. Wat vir jou oortollig is, kan vir iemand anders ’n nuwe begin beteken.
Ons Winkel is nie net ’n plek waar jy skenk nie – dit is ook waar jy unieke winskopies kan ontdek. Elke aankoop dra by tot ’n groter doel en help om lewens te verander.
Dit is my winkel, dit is jou winkel – dit is Ons Winkel.
✨ Ons Winkel Langebaan het amptelik op 16 Maart sy deure oopgemaak, en die span is opgewonde om die plaaslike gemeenskap te verwelkom en te bedien.
Soos hierdie nuwe hoofstuk begin, word die gemeenskap uitgenooi om deel te wees van die verskil. Skenkings van klere, huishoudelike items, klein meubels en enige bruikbare goedere is dringend welkom.
Saam kan ons ’n ruimte skep van omgee, deel en gemeenskapsopbou – waar elke item ’n storie het en elke skenking ’n toekoms help bou.
📍 140 Oostewal Straat, Langebaan