Ons Winkels is Solidariteit Helpende Hand se thrift-winkels / skenkingswinkels. Daar is tans ongeveer 127 Ons Winkels landswyd waar lede van die publiek goedere kan skenk, soos meubels, kombuisware, linne, klere, sporttoerusting, speelgoed en nog baie meer.
Die Ons Winkels verkoop tweedehandse goedere van goeie gehalte teen bekostigbare pryse aan die publiek.
Op hierdie manier skep ons volhoubare besighede en werksgeleenthede, terwyl ons ook gemeenskappe ondersteun.
Lees meer…
Die Ons Winkels is ’n netwerk wat vinnig groei en in 2025 steeds verder gaan uitbrei. Ons doel is om sterk, volhoubare winkels dwarsoor Suid-Afrika te vestig waar elke winkel kan bydra tot die groter gemeenskapsgebaseerde maatskaplike ontwikkelingsdoelwit van Solidariteit Helpende Hand.
Om hierdie rede nooi ons lede van die publiek uit wat graag ’n bydrae wil maak, maar dit nie noodwendig finansieel kan doen nie, om Ons Winkels te ondersteun deur:
skenkings van oortollige goedere, of
die aankoop van goeie kwaliteit, bekostigbare tweedehandse produkte in ons winkels.
Het jy dalk iets by die huis wat net in die pad staan? Of bars jou kas uit sy nate met klere wat jy nie meer dra nie?
Skenk dit vir liefdadigheid.
Met jou ongebruikte items kan Helpende Hand wonderwerke verrig. Ons Winkel is ’n welsynswinkel waar jy tweedehandse items kan skenk of self vir jou ’n winskopie of twee kan opraap.
Uit die wins van verkope bied Helpende Hand:
maatskaplike hulp in gemeenskappe
werksgeleenthede
studiefondse aan studente wat wil studeer maar dit nie kan bekostig nie.
Jou item is nie net ’n item nie – dit is ’n toekoms.
Dit is my winkel, dit is jou winkel, dit is Ons Winkel.
We Buy & Sell......
Vintage, French & Modern furniture
Antiques
Collectibles
Home decor
23 Kerklaan
Velddrif
ODDS Buy & Sell
CASH for Goods
Fridges, Beds, Furniture,TV's, Homeware, Tools,
Building Materials, Fishing & Camping Gear, Plumbing,
etc.
Saldanha Bay
Buy & Sell:
New,
Second Hand,
Antiques
St Helenabay



