Skip to content

Coast 2 Coast Hearing is passionate about quality of life

Derik Muntingh wrote this article, sharing his son’s story, to make others aware of the advantages of improving hearing loss…

Ons weet daar is heelwat mense wat nie glo in Gehoorstukke nie en sukkel maar voort. Dit is egter nie net jou eie lewe wat jy benadeel nie, maar ander s’n ook.

Ons het ‘n Downs Sindroom seun wat stadig maar seker besig was om sy gehoor te verloor. Dit was nie vir ons duidelik of hy nie kon hoor en of hy “horende doof” was nie. Ons moes ook gereeld sy ore laat uitspuit wat dan bietjie verbetering voortgebring het.
Terselfde tyd het sy gemoedstoestand ook agteruit gegaan en was hy al hoe meer soos ‘n “Grumpy” ou man. (Vele frustrasie). As gevolg hiervan is hy op medikasie daarvoor geplaas wat ook nie ideaal was nie omdat hy baie in sy dop gekruip het en meer en meer wou slaap. Daar was ook baie druk op die res van die familie omdat alle kommunikasie op ‘n baie kort afstand moes plaasvind. Ons moes uiteindelik liplees.
Ons het later opgelet dat hy TV sou kyk en nie agterkom dat die klank af is nie. Omdat hy nie altyd 100% op verbale instruksies korrek reageer nie het ons iemand gesoek wat dieselfde toetse op hom sou doen as wat hulle op Babas en Peuters doen.

Iemand het toe vir ons van Karien en Coast 2 Coast Hearing vertel en ons het hom toe geneem vir toetse. Die toetse het getoon dat hy gehooraparate nodig het en dit is toe verskaf.

Wat ‘n wonderlike verskil het dit nie gemaak nie. Ons het skoon bewoë geraak toe hy die eerste keer die skuifdeur toemaak en weer oopmaak, net om die geluid weer te hoor. So het dit in die begin met omtrent alles gebeur!

Belangriker nog is die feit dat sy gemoedstoestand handomkeer verander het. Daar is nie meer ‘n nodigheid vir medikasie om hom op te beur nie. Inderwaarheid is sy soorte medikasie met die helfte verminder!

Ons het nou weer ons gelukkige seun terug. Hy neem deel aan gesprekke en vermaak ons met sy eiesoortige humorsin wat nou weer terug is.

Moet dus nie skaam wees om te erken jy begin sleg hoor nie. Ander kom dit agter, hoe meer dit agteruit gaan, maar nie altyd jyself nie. As ‘n gehoorstuk aanbeveel word, neem die stap en verbeter jou lewens gehalte!!!

Derik & Jacqui Muntingh

Coast 2 Coast Hearing is passionate about quality of life. Our dedicated and experienced Audiologists perform hearing tests, fit hearing aids and provide consumables and lab services in Yzerfontein, Langebaan and Velddrif.