Skip to content

Weskus Straatkos

Mince Balle met Mash & Bone en Gravy / Onbeskryflike lekkerte wag op jou met ons Mince Balle en bone dis. Net die lekkerste Gravy vergesel hierdie dis en maak vir 'n diep lekker aandete!
Short Business Description
Liplek Lekker Wegneemetes / Takeaways en Vooraf Gekookte Maaltye!
Long Business Description

Die konsep agter Weskus Straatkos is juis in die naam, ons wil en gaan die hele Weskus voorsien van Wegneemetes / Takeaways van die Strate van die Weskus af, met ander woorde, ons gaan kos maak in Koswaens / Kos trokkies (Food Trucks and Food Trailers) en ons Spyskaart is propvol liplek lekker kos, van Hamburgers, tot Pizza's tot vooraf gekookte gaar kosse vir aandete.

Verder gaan ons oor naweke ons immer gewilde Braaiblok bedryf waar ons vir almal aan die weskus die lekekrste Braaivleis disse / etes gaan voorsit.

Ons tipe kos is meestal 'spicy' en ons gaan aanpas na gelang van ons kliente se behoeftes en spesifieke versoeke soos om later 'n immer gewilde "American BBQ Wrap" en "Chicken Wrap" gaan inbring.

Dankie vir almal se ondersteuning in die Weskus en te danke aan ons locals asook vakansiegangers vanaf die Kaap en elders, sal ons groei en vir julle 'n gerieflike kos ondervinding daar stel, dis ons belofte aan ons mense in die Weskus! Volg ons Sosiale blaaie asook ons webwerf en meer spesifiek hou ons aanlyn bestel webblad dop vir enige nuwe disse wat die lig sal sien in die komende maande en jare.

Weskus Groete. Weskus Straatkos Bestuur!

Business Website Address
Business Phone Number
022 125 0036
Business Address
24 Heuningklip Street Vredenburg
Postal Code
7380
  • Braai Vark, gebraai met net die lekkerste "Barbeque" spice en 'basting' bedien saam 'n lekker nie te stywe pappie nie, en 'gravy', of jou keuse om jou pap te vervang met die slaai of groente van die dag. Weskus Straatkos Braaiblok / Braai Hoekie (Slegs beskikbaar op Saterdae & Sondae & kan slegs aanlyn bestel word vir aflewering)
  • Gewone Hamburger met lekker Crispy Chips. Diep Lekker!
  • Stokvis & Chips (Medium Grote). Liplek Lekker Vars Stokvis en Chips Ala Weskus Style!
  • Ons Rib Parcels is uiters gewild, en kom in 2 groottes, 400g en 600g saam met lekker Straatkos Chips met asyn!
  • Chicky Pop Soet Pizza (Hoender). Voorwaar nie jou ordinêre Hoender Pizza nie! Probeer hierdie sappige Pizza gerus
  • Geroosterde Kaas en Sampioen Toastie. Ons het 'n verskeidenheid Toasted Sandwiches
  • Hoender Gevulde Pannekoek. Ons is trots om te noem dat ons sekerlik die enigste wegneemete restaurant / koswa / kos kiosk is, wat spog met die lekkerste Pannekoek wat nog ooit gemaak was! Ons Hoender gevulde pannekoek is uniek en baie smaakvol, en uiters gewild! Probeer dit vandag nog, en proe self hoekom so baie mense gaande is oor ons Hoender Pannekoek!
  • Kerrie Afval / Curry Tribe Ala Weskus Style! Voorafgekookte etes soos die dis, is UITERS gewild en kan aanlyn op ons webwerf bestel word vir aflewering!
  • Ipapa Nenyama | Pap & Vleis met Gravy. I-Papa yethu neNyama enesosi yethu yenyama yodumo yeBistos Gravy yeyona igqwesileyo eWest Coast, yiza uzonwabele eyona Papa en Vleis neGravy imnandi eyenziwe ngeyona nyama isentsha, iphekwe ekhitshini okanye kwinqwelwana yokutya nge-R60 kuphela ukuphakelwa! Ons Pap en Vleis met ons bekende Bisto Vleissous is die beste in die Weskus, kom geniet die heerlike Pap en Vleis en Gravy gemaak met net die varste vleis, gaar gemaak in ons kombuis vir slegs R60 per porsie! Our Pap and Meat with our famous Bisto Meat Sauce is the best in the West Coast, come and enjoy the delicious Pap and Meat and Gravy made from only the freshest meat, cooked in our kitchen for only R60 per serving!

Send Message

Please log in to be able to send messages to the listing owner.