Bloedtoetse word dikwels beskou as n duur prosedure wat deur dokters aangevra word net om n mens se medies uit te put, dit is alles behalwe so. Bloedtoetse is van kardinale belang as dit by gesondheid kom, dit laat ons vasstel wat presies in die liggaam fout is.
Sekere toetse moet 3 of 6 maandeliks gedoen word soos byvoorbeeld suiker. Dit is belangrik om jou suiker telling elke 3 maande te toets om vas te stel of jou medikasie verander moet word. Voordat mens vir n suiker toets gaan is dit noodsaaklik om 10 ure voor die toets niks te eet en drink nie, behalwe water en medikasie indien daar nie n suiker bestanddeel in die medikasie is nie. By The Lab – Pathology kan n pasiënt ook baie voordele kry, soos om te registreer vir chroniese medikasie en behandelings indien die pasiënt elke 3 maande moet kom vir n suiker toets wat ons dan vir die medies instuur. Hierdie chroniese aansoeke word deur EL Management solutions gedoen en hulle sal jou help om jou aansoek in te dien.
Bloeddruk is ook een van die skielike gevare, een oomblik is dit normaal en die volgende oomblik skiet dit die hoogtes in, daarom is dit belangrik om jou bloedruk heeltyd te monitor. Dit kan 2 keer per dag gedoen word, soggens en voordat jy gaan slaap en natuurlik as jy nie lekker voel op ‘ n sekere stadium nie.
The Lab – Pathology se proses werk so; indien jy bloedtoetse wil doen, stap jy by enige van ons 3 depots in en jy vra self vir die toetse wat jy gedoen wil hê. Een van ons professionele susters sal jou bloed monsters neem en vir ons laat weet. Ons koerier diens sal dan jou monster vanaf ons depot na ons laboratorium neem wat in Vredenburg geleë is. Vandat ons die bloed monsters ontvang het, neem dit plus minus 5 ure vir ons om dit te verwerk en dan jou verslag na jou toe te stuur. Daarna kan jy na jou dokter toe gaan en vir hom jou resultate wys en hy sal vir jou mediese raad kan gee.
The Lab Pathology Services 022 713 5016